× Good Germs

"Candida" - in Afrikaans

More
1 year 10 months ago - 1 year 10 months ago #298 by The Fast Doctor
The Fast Doctor created the topic: "Candida" - in Afrikaans
Ek het pas weer 'n navraag gekry oor hierdie "toestand", wat in hierdie geval 'n hele familie aantas:

Vinnige vraag, ons het 'n rowwe Candida stryd nog steeds aan die gang (al 2 jaar of meer). Ons het 'n gut bacteria profile of pathogens and counts of the good bacteria ..from Synexa lab.
Maar na ek deur jou inspirasie Maandae wil water fast, (en hierdie Maandag my eerste een reg gekry),
wil ek asb. jou advies vra oor Candida.
(Ons is huidiglik op oggend Physiological Ecoli probiotic (fridge or freezer kept), Metagenix Synergy with prebiotics, twee keer per dag om die colon te inokuleer met goeie bacterie,
en dan op Olive leaf & ook Oregano kapsules in die aand. Ons probeer die Bettamed inkry wat blykbaar die Candida onder beheer moet kry (Anti-fungal, ens.) terwyl die goeie bakterie die ander deel van die dag ingegee moet word.
Ek was eers baie teen anti-fungals en enigiets wat so klink, maar ons kon gladnie die citrocidal (Grapeseedfruit extract) en Olive leaf tincture inkry nie.

Ek het ook hierdie opgespoor en wonder daaroor vir my as dit kom by die dae wat ek net gaan water drink. (ons drink nou ook nie meer die kraan water wat eintlik uit die berg kom, omdat die Non-physiological Ecoli wat hulle in ons stoelgang gekry het, is dieselfde as wat in 'n watertoets opgekom het). Ek het al die uitslae.

The concept of starving candida out of the body, which so many people have adopted, can also be problematic in that starvation is one of the known triggers that causes the normal yeast form of candida to convert to its problematic, pathogenic fungal form:

“Starvation of yeast cells induces exponentially grown cells (and usually non-germinative) to germinate. This phenomenon is also observed in cells that are transiently treated with metabolic inhibitors. During each of these treatments (starvation, metabolic inhibition), expression of a growth regulatory gene (CGRI) increases. Candida albicans: adherence, signaling and virulence.” Calderone et al. www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/11204138

www.candidaplan.com/432/candida-fruit-an...ccombs-candida-plan/

En my reaksie daarop:

Dankie vir die vrae. Ek gaan ietwat brutaal eerlik wees aangaande my siening oor “candida”.

Hierdie eensellige swam is BAIE minder aggressief as baie ander swamme, ook baie minder in staat om infeksie te veroorsaak as verskeie bakterië. Dus is die enigste mense wat werklike Candida-infeksie kry, mense met onderdrukte immuunstalsels (Bv HIV positief of leukemie, ens.)

Ons is elke dag blootgestel aan baie ander mikro-organismes wat baie beter in staat is om ons te “koloniseer” as wat Candida is.

DUS: Indien ons nie vol allerlei ander infeksies is nie, dan is ons immuunstelsels heelwat sterker as wat nodig is om Candida in toom te hou.

Baie, indien nie alle, van die simptome wat in die leke-pers aan Candida toegeskryf word, word nie rêrig daardeur veroorsaak nie. Dit is dan seker ook waarom ons sien dat die sg. “Candida-diëet”, wat alle swamme en gefermenteerde kos uitskakel, wel help. Sò n diëet sou die oorgroei van Candida bevorder deur die natuurlike kompetisie te verwyder.

Hierdie foutiewe fokus veroorsaak dikwels dat ons nie verder soek nie, en dan nie die werklike oorsaak van die probleme ontdek nie.

theskinnywhitebuddha.blogspot.co.za/2012/04/candida-hoax.html
www.sciencebasedmedicine.org/is-gluten-the-new-candida/
www.quackwatch.com/01QuackeryRelatedTopics/candida.html
paleoleap.com/demystifying-candida/

Probiotika: Die derm bevat tussen 1500 en 2500 verskillende spesies bakterië, so ongeveer 1.5 kilogram in totaal. Dis nogal baie. Dink bv daaraan dat daar tot soveel as 1 miljoen bakterieë op een vierkante sentimeter van enige mens se gesonde vel groei. Die natuurlike bron van hierdie derm-baktierië is hoofsaaklik die blindederm (appendix), maar rou voedsel help om die verskeidenheid te verskaf vanwaar natuurlike seleksie dan sal bepaal watter gaan groei en watter nie.

Probiotika bevat dikwels net een, of ’n handjievol verskillende bakterieë. Dit kan dus nie veel doen om die derm-flora te herstel nie. Plus: As een dosis nie werk nie, dan maak dit geen sin om ’n tweede dosis te neem nie want pro-biotika is soos “saad”. Indien dit suksesvol is, sal dit self vermeerder: Soos grassaad op vrugbare grond. As die eerste dosis nie groei en vermenigvuldig nie, sal die tweede dosis dit ook nie doen nie. Plus: Ons moet nie aanmekaar ’n paar soorte in die derm sit nie, want dan kan dit keer dat die natuurlike verskeidenheid goed groei.

Dankie vir die aanhaling van candidaplan.com. Let asb op die “.com”. Dit staan vir “commercial”. Vertrou eerder inligting van webwerwe met “.edu” as uitgang. Dit is akademici wat nie in die eerste plek kommersiële belange het nie. Nogtans kan ek GLADnie verstaan hoe hulle reken candida kan vermeerder wanneer jy vas nie. Dit maak net geen sin nie. Weereens: Indien die simptome wat hulle aan “candida” blameer, erger raak tydens ’n vas, dan beteken dit onomwonde dat die probleem NIE deur candida veroorsaak is nie.

Please note that all my posts are "generic", often theoretically speculating about the topic. It should NOT be considered individual medical advice, which remains the prerogative of your own registered medical practitioner after proper consultation, examination and investigations as necessary....
Last Edit: 1 year 10 months ago by The Fast Doctor.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Time to create page: 0.226 seconds